Man vas oor Facebook-verlowing met tiener
2010-09-16 00:22
Pennsylvania - 'n 27-jarige Man is in hegtenis geneem ná hy sy verlowing aan 'n 14-jarige meisie op die sosiale netwerk Facebook aangekondig het.
Robert Nickson jr, sowel as die 14-jarige meisie het hul verhoudingstatus op die sosiale netwerk Facebook na "verloof" verander en foto's gepubliseer.
Die polisie is in kennis gestel en Nickson is in hegtenis geneem vir 'n onwettige verhouding met 'n minderjarige.
Beamptes sê hy het geweet hoe oud die meisie is en dat die verhouding onwettig is, maar "het nie gedink hulle sou gevang word nie".
Nickson verskyn volgende week in die hof en staan tereg op aanklag van statutêre seksuele mishandeling, aanranding met die opset om ernstig te beseer en korrupsie van 'n minderjarige.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter