Man vas ná hy ontkleedanser vir troue huur
2011-12-14 19:10
Beijing – Die polisie in China het 'n man in hegtenis geneem nadat hy twee ontkleedanseresse vir sy seun se troue gehuur en die hele dorp opgedaag het, het 'n koerant Woensdag berig.
Zhang Cheng, van Xuzhou in die provinsie Jiangsu, wou aanvanklik gehad het dat 'n musiekgroep by sy seun se huwelikseremonie moes optree.
Maar hy is aangeraai om kunstenaars te kry wat 'n "spesiale" vertoning sal lewer, het die Global Times berig.
"Nadat Cheng na die vertoning gekyk het, het hy besluit dit sal geskik wees vir sy seun se troue en het versoek dat twee ontkleedanseresse by die troue moes optree.
Die ontkleedanseresse het skaars vyf minute opgetree toe honderde inwoners in die konserwatiewe gemeenskap na die troue gestroom het om na die vertoning te kyk.
Cheng is die volgende dag in hegtenis geneem, het die koerant berig, alhoewel die aanklagte nie bekend is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters