Man val brandweermanne aan
2010-01-21 14:54
Rome – ‘n Onbekende man het Donderdag sowat vier mense by ‘n opleidingskool vir brandweermanne in ‘n woonbuurt in Rome met ‘n mes aangeval.
Kort hierna het die verdagte in ‘n motor van die toneel gevlug en nog sowat vier mense raakgery.
“Verskeie van die slagoffers is in die hospitaal opgeneem en een persoon is in ‘n kritieke toestand,” het Clara Modesto, woordvoerder vir die Italiaanse brandweerdienste, gesê.
Die verdagte is later deur die polisie in hegtenis geneem. Na bewering wou hy geld gehad het vir werk wat hy by die skool gedoen het.
–Sapa, dpa