Man val Murdoch aan met roompastei
2011-07-19 23:23
Londen – ‘n Betoger wat probeer het om Rupert Murdoch aan te val terwyl Britse LP’s hom ondervra het, is as die komediant Jonnie Marbles geïdentifiseer, berig Sky News.
Murdoch se vrou, Wendi Deng, en sy seun James het onmiddellik opgespring om hom te verdedig toe die aanval, waartydens Marbles probeer het om ‘n pastei-houer vol room in die 80-jarige Murdoch se gesig te slaan, uitgevoer is.
Deng het agter haar man gesit terwyl hy getuienis gelewer het. Sy het opgespring en die aanvaller weggestamp, waarna sy hom met die pastei-houer oor die kop geslaan het.
Lede van die gehoor het beskryf hoe die betoger “Jou stoute miljardêr” aan Murdoch gesê het terwyl hy die aanval uitgevoer het.
Lees meer en kyk ‘n video by Sky News.