Man val 39 vloere, oorleef
2010-09-01 21:15
New York – ‘n Man van New York wat 39 vloere van die dak van ‘n woonstelblok geval het, het oorleef nadat hy op ‘n geparkeerde motor geval het.
Volgens getuies het die 22-jarige Thomas Magill Dinsdag van die hoë gebou op 63ste Straat gespring.
Hy het in die agtersitplek-area van ‘n Dodge Charger geland, voordat hy deur die voorruit is.
Hy het beide sy bene gebreek en is in ‘n kritieke toestand.
Die eienaar van die motor, Guy McCormack van New Jersey, het aan die Daily News gesê dat hy daarvan oortuig is dat die bidsnoer wat hy in die motor het, Magill se lewe gered het.
Polisie het ‘n ondersoek geloods om vas te stel waarom Magill gespring het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP