Man tronk toe ná sy kinders doodbrand
2010-01-28 11:45
Londen - ‘n Man wat sy vrou se huis afgebrand het tydens ‘n stryery, sal vir 12 jaar tronk toe gaan vir die dood van sy drie kinders, berig Sky News.
Kevin Hargreaves was dronk toe hy petrol oor homself gooi en homself aan die brand probeer steek.
Hy het sy vrou daarvan beskuldig dat sy met die taxibestuurder wil slaap.
Die 38-jarige man wou homself doodmaak, maar hy het in sy dronkenskap petrol op die bed gemors en per ongeluk aan die brand gesteek.
Sy seun, John (8), stiefseun Jordan (14) en stiefdogter Carly (19), is in die brand oorlede.
Hargreaves is vrygespreek van moord aangesien hy dit nie opsetlik gedoen het nie.
Kliek hier vir die volledige storie.