Man 'té gestremd' om te vlieg
2010-10-17 02:55
Grand Rapids – ‘n Motiveringspreker war serebraal gestremd is, is glo van ‘n US Airways vlug afgeskop nadat daar aan hom gesê is dat hy te gestremd is om te vlieg.
Die 47-jarige Johnnie Tuitel van Grand Rapids in Michigan het aan die Grand Rapids Press vertel dat hy 800 000 km gevlieg het om motiveringstoesprake te gee.
Nietemin het Tuitel ‘n toespraak gemis as gevolg van die voorval by die Palm Beach Internasionale Lughawe in Florida op 23 September.
US Airways se webwerf sê dat mense nie alleen kan vlieg as hulle nie daartoe in staat is om hulself en ander in ‘n noodgeval te help nie.
Volgens ‘n woordvoeder van die maatskappy het die bemanning slegs die maatskappy se beleid gevolg.
Tuital sal in die volgende week met werkgewers van US Airways ontmoet om sy ontevredenheid met die beleid, wat hy hoop sal verander, te bespreek.
Hy het bygevoeg dat hy grootgemaak is om te glo dat hy nie spesiale behandeling benodig nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP