Man stoei dogtertjie dood
2011-06-17 18:05
Medford, Oregon – ‘n Amerikaanse man is daaraan skuldig bevind
dat hy sy meisie se 2-jarige dogter se dood veroorsaak het tydens ‘n
stoeigeveg.
Benjamin James George (30) is tot lewenslange
tronkstraf gevonnis en sal eers ná 25 jaar kan aansoek doen vir parool.
George is ‘n gewese lid van die
VSA-marinekorps.
Die meisie, Kacy Sue Lunsford, was skaars drie
toe sy die 15de Junie ná vyf dae in die hospitaal oorlede is.
Die aanklaer, David Hope, het gesê vorige
voorvalle van mishandeling het geëindig toe George, wat omtrent 105 kg weeg,
met die kind probeer stoei het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP