Man sterf ná helikopter val
2010-06-26 15:42
Kuala Lumpur - Een Amerikaanse burger is dood en ‘n ander beseer nadat hulle helikopter in die wildernis in Sarawak, op Borneo-eiland, neergestort het, het die polisie Saterdag gesê.
Die helikopter, wat by ‘n privaat houtkapper-maatskappy geregistreer is, was glo onderweg na ‘n dorp in die Baram-distrik, toe dit laat Vrydag probleme opgetel het, het Abu Bakar Mokhtar van die plaaslike polisie gesê.
Die slagoffer se lyk, wat nog geïdentifiseer moet word, was 12 ure ná die ongeluk steeds in die wrak, het die Star berig.
Die oorlewende is na ‘n nabygeleë hospitaal gestuur vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA