Man sterf in fratsongeluk op aanloopbaan
2011-10-16 13:15
Djakarta – 'n "Betreder" by 'n lughawe in Indonesië se Suid-Sulawesi-provinsie is dood nadat die skroef van 'n klein vliegtuig sy kop getref het.
Die Cessna-vliegtuig was besig om by die Sultan Hasanuddin-lughawe op te styg toe die man Saterdag getref is, het The Jakarta Post berig.
"Ons ondersoek nog hoe die man by die lughawe ingekom het. Die sekuriteit is gewoonlik baie streng en die lughawe het 'n heining," het Rachman Syafrie, beampte van die lughawe, gesê.
Die gesig van die slagoffer, wat 'n boer was, was onherkenbaar vermink.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA