Man sterf aan hartaanval toe hy oor buurman s'n bel
2011-11-04 15:17
Toulouse – ‘n Man in Frankryk het aan ‘n hartaanval gesterf toe hy nooddienste gebel het om hulle in kennis te stel sy buurman het dieselfde lot gely, het die polisie gesê.
Nooddienste het die twee mans Donderdagmiddag in die stad Toulouse gevind.
‘n Man in sy 80’s is dood by die voordeur van sy woonstel gevind en die ander man, in sy 60’s, is naby die telefoon dood gevind.
Die plaaslike koerant, Depeche du Midi, het gesê die jonger man het die nooddienste gebel en gesê hy sal hartmassering op die ouer man uitoefen toe die oproep skielik afgesny is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP