Man spring van wêreld se hoogste gebou af
2011-05-10 20:57
Doebai – ‘n Man in Doebai het van die Burj Khalifa, die
wêreld se hoogste wolkekrabber, na sy dood gespring.
Volgens sekuriteitsbeamptes het die man Dinsdag
van die 147ste vloer van die 828m gebou gespring.
Hy het blykbaar op ‘n dek op die 108ste vloer
te lande gekom.
Die Burj Khalifa het meer as 160 verdiepings.
Blykbaar was die man in ‘n geskil met die maatskappy
vir wie hy werk betrokke.
Volg Nuus24 op Twitter.