Man spring per ongeluk van brug af
2010-10-04 05:00
Rome – ‘n Italiaanse motoris het vroeg Sondagoggend na sy dood getuimel nadat hy in die donker langs ‘n pad gestop het om te urineer.
Volgens ‘n berig het die man nie in die donker besef dat hy op ‘n oorbrug, wat 9m bo die grond staan, was nie.
Sy metgesel het nooddienste vertel dat Ermes Calautto (36) oor ‘n sekuriteitsheining gespring het nadat hulle die motor op die A28 naby Cavolano di Sacile omstreeks 03:00 gestop het, het die nuusagentskap Ansa berig.
Toe Calautto nie ‘n paar minute later terugkeer nie, het sy uit die motor geklim om te gaan kyk wat gebeur het.
Sy het gehoor hoe Calautto in die donker kreun, het die berig gesê.
Die vrou het owerhede geskakel, maar Calautto is dood toe hulle by die toneel opdaag.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA