Man snork duisende los
2010-10-25 08:24
Quito - ’n Ecuadoriaanse man (62) het lank genoeg gesnork om Spanje se eerste siësta-kompetisie te wen.
Pedro Soria Lopez, ’n werklose sekerheidsbeampte, het die eerste prys van $1400 (sowat R9700) gewen nadat hy 17 minute lank in ’n besige winkelsentrum in Madrid geslaap het.
Hy het nie net vas geslaap nie, maar ook teen sowat 70 desibel gesnork – min of meer so hard soos iemand wat praat. Dit het hom ekstra punte besorg. Dié lighartige kompetisie is gehou om ’n herlewing van die siësta te bevorder. Die organiseerders sê weens die druk van die moderne samelewing word dié tradisie bedreig.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP