Man smokkel slange op vliegtuig
2011-09-02 16:13
‘n Fiksheidsafrigter is by die München-lughawe in hegtenis geneem toe hy 36 lewendige slange in Duistland wou insmokkel, het owerhede Vrydag gesê.
Die slange, wat na bewering jong luislange is, was in ‘n seilsak in die passasier se handbagasie versteek.
Die 22-jarige man, wat na Duitsland vanaf Australië via Doebaai gevlieg het, het aanvanklik gesê hy het niks om te verklaar nie.
Die vonds is glo die grootste van dié soort ooit in Duitsland.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA