Man slaan Chihuahua glo met gholfstok dood
2012-02-08 16:58
Riverside – ‘n Man van Kalifornië is van dieremishandeling aangekla nadat hy ‘n bal met ‘n gholfstok van ‘n Chihuahua se rug geslaan en die 2,7 kg hond se dood veroorsaak het, het amptenare gesê.
Die 58-jarige Larry Jaurequi van Menifee is ook daarvan aangekla dat hy ‘n gevaarlike of dodelike wapen gebruik het, het ‘n woordvoerder vir die Riverside aanklaerskantoor gesê.
Jaurequi is op 26 Januarie in hegtenis geneem nadat getuies glo gesien het hoe hy die hond met ‘n gholfstok slaan, waarna die hond deur die lug getrek het.
Die hond het aan ‘n buurman behoort en het op ‘n manier uitgekom.
Jaurequi se hofdatum is nog nie bekend nie, maar indien hy skuldig bevind word staar hy ‘n maksimum van vier jaar tronkstraf in die gesig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA