Man sit lewenslank vir moord op toeris
2011-11-24 15:31
Jerusalem – ‘n Israelse hof het ‘n Palestynse man tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná hy verlede jaar ‘n Amerikaanse vrou in ‘n woud naby Jerusalem doodgesteek het.
Kristine Luken (44) is in Desember 2010 vermoor terwyl sy saam met haar vriendin Kaye Wilson, wat in Israel woon, gestap het.
Aanklaers sê Luken se aanvallers het gedink die Christen-sendeling was ‘n Jood.
Die regter het gesê hy kan nie die “boosheid en wreedheid” van die beskuldigde, Kifah Ghneimat, beskryf nie.
Ghneimat is een van drie verdagtes in die saak. Hulle word ook by ander misdade, insluitende ‘n tweede moord, betrek.
Wilson is ook tydens die aanval gesteek, maar het gemaak asof sy dood is.
Sy sê Luken se ouers, wat in Texas woon, het die vonnisoplegging bygewoon en het gehuil toe die vonnis opgelê is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP