Man sit lewenslank ná moord op politikus
2011-12-20 21:30
Warschau – 'n Hof in Pole het 'n 63-jarige man, wat 'n politikus doodgeskiet en 'n ander ernstig gewond het, Dinsdag lewenslank tronk toe gestuur.
Die hof in Lodz het gesê Ryszard Cyba se doel was om aandag te trek en die situasie in Pole te beïnvloed deur politieke figure aan te val.
In Oktober 2010 het Cyba die kantoor van die land se hoof-opposisie (Nasionalist Law and Justice) in Lodz aangeval.
Hy het Marek Rosiak (62) doodgeskiet en 'n ander aktivis, Pawel Kowalski (39), ernstig gewond.
Cyba is ook beveel om $41 000 (byna R350 000) in skade aan die families van Rosiak en Kowalski te betaal.
Hy mag teen sy vonnis appelleer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP