Man se nuwe foon toe sy ou gesteelde een
2010-09-01 05:26
Malibu – ‘n Man wat ‘n selfoon op die internet gekoop het, net om te vind dat dit dieselfde een was wat uit sy motor gesteel is, het polisie in Kalifornië daarvan ingelig en gevolglik is ‘n man in hegtenis geneem wat glo in talle motors ingebreek het.
Die 28-jarige Neil Hefner is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op sowat 163 gesteelde selfone, sowel as rekenaars, beursies, geskenkbewyse en seldsame munte.
‘n Saak van inbraak word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP