Man se lyk onder stort gevind
2010-06-17 19:06
Athene, Griekeland - Die polisie in Griekeland sê hulle het die ontbinde lyk van 'n man onder 'n opgradeerde stort in die kelder van 'n huis in suidelike Griekeland gevind.
Die polisie het die huis in die stad van Diakofto deursoek as deel van 'n ondersoek na 'n man wat in Mei 2009 verdwyn het.
Volgens owerhede is die lyk in 'n bad begrawe wat met 10 cm sement en teëls bedek en in 'n stort omskep is.
'n Lykskouer ondersoek die oorskot om die oorsaak van die man se dood en sy identiteit vas te stel.
Die polisie sê hulle glo die man is 'n jaar gelede begrawe toe 'n vrou wat in die huis bly, die badkamer opgradeer voor sy verdwyn het.
Owerhede het nie haar identiteit bekend gemaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP