Man sal burka-boetes betaal
2010-07-13 01:55
Parys – ‘n Franse besigheidsman het aangebied om eiendomme te verkoop, en sodoende Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk mag kry, indien hulle die burka dra.
Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbanning van die burka.
Frankryk sal waarskynlik die verbanning van die burka Dinsdag goedkeur, en vroue sal sowat R1400 beboet word indien hulle die burka in publieke plekke dra.
Rachid Nekkaz het in ‘n verklaring wat in verskeie koerante gepubliseer is gesê hy sal eiendomme verkoop en vroue help om enige boetes te betaal.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters