Man ry 11 om by Mazda-fabriek
2010-06-22 11:00
Tokio - Een persoon is dood en 10 ander beseer ná 'n ongelukkige werker by 'n motorfabriek hulle omgery het, het die polisie en paramedici gesê.
Toshiaki Hikiji (42) is 'n uur later in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord ná hy in 'n motor van Mazda Motor Corp. se Ujina-aanleg in suidweste Japan gevlug het.
Hikiji was 'n kontrakwerker wat in April in die padgesteek is.
Kotaro Minagawa, 'n woordvoerder van Mazda Motor Corp., het gesê die maatskappy kan nie enige besonderhede bevestig nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP