Man roof arkade met koppie
2010-02-10 03:06
Berlyn - 'n Dief in die Duitse stad Hamelin het 'n speletjies-arkade met 'n koppie koffie beroof, het owerhede Dinsdag gesê.
"Hy het die werker by die speletjies-arkade gedreig dat hy haar met die koppie sal slaan," het 'n woordvoerder van die plaaslike polisie gesê.
Die werker was alleen in die speletjies-arkade.
Hy het die stomende koppie koffie voor haar rondgeswaai en die 26-jarige werker gedwing om die kasregister oop te maak en met die kontant gevlug.
Die polisie wou nie sê hoeveel geld die man gebuit het nie.
"Ons moedig nie ander mense aan om dit te probeer nie," het die woordvoerder gesê.
– Reuters