Man op wittebrood deur haai doodgebyt
2011-08-17 12:10
Kaapstad – ‘n Britse man is dood nadat ‘n haai hom tydens sy wittebrood in die Seychelle aangeval het, het Sky News berig.
Ian Redmond (30) is aangeval terwyl hy enkele meters van die strand af gesnorkel het.
Brittanje se departement van buitelandse sake het die sterfte op die eilande bevestig.
Redmond, van Lancashire in die noordweste van Engeland, is aangeval toe hy in die see by die Anse Lazio-strand op die eiland Praslin geswem het.
Daar word beweer dat Redmond sowat 18 m van die strand af was terwyl sy 27-jarige vrou, Gemma Houghton, op die strand gebly het.
Hulle het minder as twee weke gelede getrou.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.