Man onthoof wat ouma vermoor
2011-10-10 18:28
Riaad – ‘n Man van Saoedi-Arabië is onthoof nadat hy
sy ouma vermoor het.
Bandar al-Louhaibi het by sy ouma se huis
ingebreek om haar te besteel.
Sy het hom betrap en probeer keer, waarna hy
haar herhaaldelik met ‘n mes gesteek het.
Amnestie Internasionaal het ‘n beroep op
Saoedi-Arabië gedoen om die gebruik van teregstelling in dié land te staak.
Volgens dié menseregte-organisasie is daar sedert die einde van Augustus ‘n “kommerwekkende” toename in die aantal teregstellings in Saoedi-Arabië.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP