Man neem skool oor, slaan kinders
2011-03-11 22:37
Georgetown, Guyana – ‘n Man wat gemaak het asof hy ‘n regeringsbeampte
is, het ‘n dorp in Guyana se skool oorgeneem, kinders pakslae gegee en skoolure
verander.
Die 22-jarige man het vir twee weke daarmee weggekom voor onderwysers agterdogtig begin raak het en uiteindelik die departement
van onderwys gekontak het.
Die man is tans in aanhouding, het kommandeur
Gavin Primo gesê.
Die skoolhoof en onderwysers
het die man aanvanklik geglo toe hy sê hy is deur die departement van onderwys gestuur om
hul skool, Golden Grove Hoërskool, tydelik te bestuur.
Hy het egter agterdog gewek toe hy verskillende name begin gebruik het, en toe onderwysers besef het die man kan nie spel nie.
Volgens Primo sal die man onder andere van
aanranding aangekla word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA