Man na twee weke uit puin gered
2010-01-27 04:46
Port-au-Prince , Haïti – Die Amerikaanse weermag het Dinsdag ‘n man van Haïti onder die puin uitgehaal in Port-au-Prince, twee weke nadat ‘n aardbewing die stad vernietig het, het ‘n fotograaf van AFP berig.
‘n Amerikaanse weermag-spesialis wat ook op die toneel was het gesê dat die man “moontlik” sedert 12 Januarie, toe die aardbewing plaasgevind het, onder die puin vasgekeer was.
“Ons is nie seker of hy van die begin af daar was en of hy dalk na een van die naskokke vasgekeer is nie,” het Andrew Pourak, weermag-spesialis, gesê.
“Die man se been is glo vergruis, maar hy is na ‘n hospitaal geneem.
“Hy is na ‘n hospitaal geneem en hy gaan dit maak,” het :Pourak gesê.
Sowat 133 mense is lewend begrawe onder die puin in Port-au-Prince sedert verlede week se vernietigende aardbewing waarin ongeveer 150 000 mense dood is.
- Sapa-AFP