Man ná 11 dae lewend gevind
2010-01-24 02:15
Port-Au-Prince – ‘n Franse reddingspan het Saterdag ‘n man lewend uit die puin in Haïti gehaal, 11 dae nadat ‘n dodelike aardbewing die stad getref het.
Die man was in ‘n winkel, onder konkreet vasgekeer.
Hy is gered, enkele ure nadat Haïti se regering amptelik die soektog na oorlewendes afgelas het.
Volgens die 25-jarige man, het hy die elf dae van lekkernye en Coco-Cola geleef, wat hy in die winkel gevind het.
Hy het aan reddingswerkers gesê dat daar nog vyf ander mense saam met hom die aardbewing oorleef het, maar reddingspanne kon geen teken van lewe in die puin vind nie.
- Sapa-AFP