Man moor kamermaat oor snorkery

2010-03-02 09:19
Tweets Share Share line Print

Beijing – ’n Chinese student wat glo nie meer sy kamermaat se snorkery kon hanteer nie, het erken dat hy hom in die middel van die nag met ’n mes doodgesteek het.

Zhao Yan (22) is aan die einde van verlede jaar in sy koshuiskamer by die Jilin Lanbou-universiteit aangeval.

Hy is in die bors en rug gesteek, het Xinhua-nuusagentskap Dinsdag berig.

Sy kamermaat, Guo Liwei, het Maandag skuld op die moord erken.

Guo sê dit was weens ‘n onderonsie oor sy kamermaat se snorkery.

Guo het vantevore oor Zhao se snorkery gekla en het ook ’n videogreep van die geraas op 'n kampuswebblad geplaas. Dit het tot verdere spanning tussen die kamermaats gelei.

"Ek het Zhao daarvan vertel en hy het kwaad geword. Hy het my keer op keer verbaal aangeval, en ek het besluit om hom te vermoor,” het Guo volgens hofdokumente gesê.

Guo wag op sy vonnis.

Oproepe na die hof is nie beantwoord nie.

- Sapa-AP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: moorde  |  china

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Masterdebater sê... Ronel, darem nie so toring nie. Wel een wat volgens afrika standaarde redelik hoog is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
1998
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.