Man met stiletto in oog gesteek
2010-02-11 13:20
Kaapstad – ‘n Vrou is van ernstige aanranding aangekla nadat sy ‘n man van Huddersfield, Wes-Yorkshire met haar stiletto in sy oog gesteek het.
Gavin Taylor (28), het glo met ‘n taxi gereis, toe die voorval vroeg Sondagoggend gebeur het.
Staci Hargreaves (33) word daarvan verdink dat sy een van haar hoëhakskoene geneem, en Taylor in die gesig gesteek het. Die punt van die hak het glo deur sy oogkas gegaan en sy brein geraak.
Taylor is tans in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal opgeneem.
Vir die volledige storie, besoek Mail Online