Man met kokaïen in rolstoel gevang
2012-12-25 15:00
Johannesburg – ‘n Man van Puerto Rico is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie kokaïen in sy rolstoel opgespoor het.
Emmanuelli Rojas-Moraza (33) is by die Logan-lughawe in Boston,
Amerika, in hegtenis geneem nadat meer as 3.7 kg kokaïen in die bande van
die rolstoel opgespoor is.
Rojas-Moraza is Maandag op borgtog
vrygelaat nadat hy onskuldig gepleit het.
Volgens die staatsaanklaer het
doeane-beamptes agterdogtig geraak toe die rolstoel deur die
X-straalmasjien beweeg het.
Die dwelmmiddels is in die bande van die
rolstoel opgespoor.
Dokters het later ook bevind dat Rojas-Moraza geen ooglopende mediese
rede het om in ‘n rolstoel te wees nie. Een van sy bene was ook nie
verbind of in gips nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP