Man kook, eet sy eie vinger
2011-04-16 23:30
Wellington – ‘n Depressiewe Nieu-Seelandse inwoner het sy vinger afgesny, dit met groente gekook en geëet.
Die 28-jarige man het nie dwelms of alkohol ten tyde van die voorval geneem nie, het Erik Monasterio, ‘n forensiese psigiater en Craig Prince, ‘n kliniese sielkundige gesê.
Nadat die man sy een vinger geëet het, wou hy nog twee afsny, maar het toe besluit om mediese hulp te kry.
- Volg Nuus24 op Twitter.