Man in tronk vir moord op 'aborsie-dokter'
2010-02-01 20:22
Kansas - 'n Anti-aborsie-aktivis wat blykbaar ‘n dokter geskiet het om “ongebore babas te red en groter skade te verhoed”, is skuldig bevind aan moord.
Die jurie het nie baie lank geneem om te besluit dat Roeder (51), skuldig is vir die moord op dr. Tiller (67) nie.
Dr. Tiller was een van min dokters wat aborsies op vrouens uitgevoer het wat reeds ver gevorderd in hul swangerskap was.
Roeder het erken day hy Tiller in die voorportaal van ‘n kerk in Wichita, Kansas doodgeskiet het.
“Ek het werklik geglo dat as ek nie iets doen nie, die babas steeds sou doodgaan,” het Roeder, wat skynbaar ‘n wedergebore Christen is, gesê.
Roeder is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Kliek hier vir die volledige storie.