Man in tronk oor huwelik met 12-jarige
2010-11-24 14:04
Semarang – ‘n Indonesiese Moslem-geestelike het vir heelwat opspraak gesorg toe hy Woensdag tot vier jaar tronkstraf gevonnis is weens sy huwelik met ‘n 12-jarige meisie.
Die regter van die Semarang-distrikshof het Pujiono Cahyo Widianto (46) skuldig bevind aan seksuele mishandeling van ‘n minderjarige nadat hy glo met die tiener getrou het.
Na bewering is die man ook bestuurder van ‘n Islamitiese skool en besit hy verskeie besighede. Hy het glo in 2008 met die meisie getrou en duisende gaste na die geleentheid uitgenooi.
Widianto meen egter dat hy niks verkeerd gedoen het nie, omdat hy eers gewag het tot die meisie puberteit bereik het voor hy met haar seks gehad het.
Hy het egter ook aangedui dat hy met twee jonger meisies, onderskeidelik 7 en 9 jaar oud, wou trou.
In Indonesië kan Moslem-mans tot vier vroue hê, mits hul ouer as 18 jaar is.
Volg Nuus24 op Twitter.