Man in hof ná hy Sarkozy beledig
2010-06-25 10:47
Parys - 'n Jong man wat die Franse president, Nicolas Sarkozy, in 'n voorstedelike ghetto naby Parys beledig het, verskyn Vrydag in die hof.
Die 21-jarige man is laat Woensdag, ure ná hy Sarkozy beledig het, in die voorstad Courneuve in hegtenis geneem.
Volgens mediaberigte het hy basies dieselfde frase gebruik wat die Franse doelskopper Nicolas Anelka gebruik het om die afrigter Raymond Domenech tydens die Wêreldbeker in Suid-Afrika toe te spreek en gesê: "Hier is jy in my huis".
Die man, wat nie 'n kriminele rekord het nie, verskyn op aanklag dat hy die staatshoof beledig het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA