Man hou meisie gyselaar in Sydney

2011-09-06 10:07
Tweets Share Share line Print

Sydney – Die polisie het Dinsdag ‘n regsfirma omring en ‘n voorstad in Sydney ontruim nadat ‘n man na bewering ‘n meisie gyselaar geneem het, het die nuusagentskap AFP berig.

Die Australiese Associated Press het intussen berig die meisie is die man se dogter. Daar word vermoed dat die meisie omtrent 12 jaar oud is.

Daar is onbevestigde berigte dat die man ‘n bom by hom het. Die polisie wou nie kommentaar hieroor lewer nie.

“In die stadium is dit nie bekend hoekom die man by die gebou is of wat in sy besit is nie,” lui ‘n polisieverklaring.

Volgens die verklaring is paaie in die Parramatta-gebied in die weste van Sydney gesluit en geboue is ontruim.

‘n Polisiewoordvoerder sê onderhandelaars is tans op die toneel wat naby die stad se familiehof geleë is.

Die woordvoerder het bygevoeg dat nooddienswerkers en brandbestryders ook op die toneel is.

Televisie-beeldmateriaal wys hoe die middeljarige man sonder ‘n hemp by ‘n kantoorventer uitkyk. Hy het ‘n prokureur se pruik op sy kop.

Volgens ‘n ooggetuie het die man gesê hy het ‘n bom nadat hy saam met ‘n meisie by die prokureurskantore ingestap het.

“Hy’t gesê hy is op soek na ‘n sekere mens,” het die vroulike klerk van Arthur Phillip Chambers vertel. Sy wou nie geïdentifiseer word nie.

“Ek het hom vertel dat hy nie hier is nie. Ek het hom vertel dat hy nie een van ons kliënte is nie. Ek weet nie wie hy is nie,” het sy gesê.

Daarna het die man glo na die volgende verdieping gegaan en weer na die grondvloer gestap. Die klerk sê die man het weereens gevra waar die persoon is.

“Hy het na die voorkant van die gebou gegaan en gesê: ‘Bel die advokaat-generaal se departement, bel (hierdie persoon) en sê vir hulle ek het ‘n bom in my rugsak.’”

Kliek hier vir Sky News se video oor die deurlopende gyselaarsdrama.

Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: sydney  |  gyselaarsdrama

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.