Man hang homself aan boom naby Vatikaanstad
2011-02-15 17:00
Rome – ‘n 34-jarige Nederlandse man is Dinsdag gevind nadat hy homself glo aan ‘n boom naby die antieke mure wat die Vatikaanstad omring, gehang het, het Italiaanse nuusberigte gesê.
Die man, wat glo ‘n toeris was, het net ‘n bokserbroek aangehad toe hy gevind is.
Die nuusagentskap Ansa berig dat ander klere wat glo aan hom behoort het, op die grond naby hom gelê het.
Daar word vermoed dat die man selfmoord gepleeg het.
Volgens Ansa is die polisie besig om ondersoek in te stel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA