Man gooi baba van brug af

2010-02-18 13:45
Tweets Share Share line Print

Woodbridge – ‘n Amerikaanse man het aan die polisie erken dat hy sy baba vanaf ‘n brug, in ‘n rivier in New Jersey gegooi het.

Verskeie bote, snuffelhonde en helikopters is ingespan tydens 'n soektog na die baba. Nooddienswerkers was Woensdag steeds onverpoos besig om te soek na die drie maande oue Zara Malani-lin Abdur, wat Dinsdag uit die arms van haar ouma gesteel is.

Volgens owerhede het die 21-jarige pa, Shamsiddi Abdur-Raheem, Dinsdagmiddag toegang tot die ouma se woonstel verkry, haar in die gesig geslaan, verwurg en die baba uit haar arms geruk.

Die 60-jarige ouma, wat om veiligheidsredes nie geïdentifiseer kan word nie, het Abdur-Raheem agternagesit en voor sy motor ingespring. Sy is by ‘n plaaslike hospitaal vir haar beserings behandel en later ontslaan.

Abdur-Raheem is vier ure na die ontvoering in hegtenis geneem, en het glo aan die polisie erken dat hy die baba by die brug afgegooi het.

Hy het glo na die voorval met sy imam gaan konsulteer, wat hom toe na een van sy familielede geneem en die polisie ontbied het.

Abdur-Raheem staar nou klagtes van ontvoering, poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer asook die bedreiging van ‘n kind se lewe, in die gesig.

Die kind se ma, Venette Benjamin, wat alleentoesig oor die peuter het, was ten tyde van die voorval in ‘n hof, besig om ‘n interdik teen Abdur-Raheem te kry.

Volgens Mitchell Liebowitz, haar prokureur, was die baba ontvoer nog voordat die interdik uitgereik is.


- Sapa
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.