Man gehang oor 'sataniese dade'
2010-10-26 16:28
Teheran - Iran het 'n man in die suidwestelike stad van Ahvaz gehang nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy "sataniese" en "onsedelike" dade uitgevoer het, het die Quds Daily berig.
Die man wat slegs as M.S identifiseer is, is Saterdag tereggestel.
Die berig het nie verder uitgebrei nie.
Sowat 137 mense is reeds vanjaar in Iran gehang, volgens 'n
AFP-telling wat op mediaberigte gebaseer is. Minstens 270 mense is in 2009 gehang.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA