Man erken hy het 75 mense vermoor
2012-01-31 13:05
Mexiko – Die polisie het 'n beweerde lid van die Zetas dwelmbende in hegtenis geneem nadat hy erken het hy het minstens 75 mense doodgemaak, het owerhede Maandag gesê.
Enrique Elizondo Flores het aan ondersoekbeamptes gesê 36 van sy slagoffers was buspassasiers wat deur die stad Cerralvo, naby die grens van Texas gereis het, het Jorge Domene, 'n woordvoerder gesê.
Flores is op 20 Januarie in Salinas Victoria in hegtenis geneem, maar owerhede het nie onmiddellik die nuus oor sy inhegtenisneming bekendgemaak nie omdat hulle besonderhede rondom sy erkenning wou bevestig.
Volgens Domene het die 35-jarige verdagte aan ondersoekbeamptes gesê dat hy vir die laaste drie jaar in die omgewing werk en dat hy in beheer was om lede van die Gulf- dwelmkartel te vermoor.
Flores en ander gewapende mans het in Januarie verlede jaar begin om passasiers van busse af te dwing wanneer hulle by die Cerralvi-busstasie aankom.
Die motief vir die busontvoerings is steeds nie bekend nie.
– Kliek hier om die volledige berig te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP