Man doodgeskiet ná hy polisie met byl aanval
2012-05-07 22:59
Duitsland – Die polisie in Duitsland het 'n man doodgeskiet wat hulle met 'n byl aangeval het nadat hulle 'n rusie oor 'n parkeerplek wou opbreek, het staatsaanklaers Maandag gesê.
Die 47-jarige man was Sondagmiddag betrokke in 'n argument met sy buurman oor 'n parkeerplek buite hul woonstelblok.
Hy het 'n byl uitgehaal en wou die ander man, wat nie geïdentifiseer is nie, aanval.
Die buurman het by sy huis in gevlug, met die 47-jarige wat hom agternagesit en probeer het om sy voordeur met die byl oop te kap.
Toe die polisie op die toneel aankom, wou die aanvaller die beamptes met die byl aanval, het 'n woordvoerder vir die staatsaanklaers in die suidelike stad Augsburg gesê.
"Op hierdie tydstip het die beamptes hul wapens gebruik," het Matthias Nickolai, 'n woordvoerder, bygevoeg.
Volgens owerhede is 'n ondersoek aan die gang rondom die omstandighede van die voorval.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP