Man doodgemaak terwyl hy in moskee bid
2010-04-20 22:02
Kaboel - Die adjunk-burgemeester van Kandahar, Afganistan is deur rebelle vermoor terwyl hy in 'n moskee gebid het, het 'n beampte Dinsdag gesê.
Die aanvallers het glo by die moskee ingeloop en Azizullah Yarmal doodgeskiet terwyl hy en talle ander mense Maandagaand tydens 'n diens gebid het, het Zalmai Ayubi, 'n woordvoerder vir Kandahar, gesê.
Die aanvallers het gevlug en niemand is in hegtenis geneem nie, het Ayubi gesê.
Yarmal se moord is die nuutste aanval op regeringsbeamptes in suidelike Afganistan waar troepe 'n aanval op die Taliban beplan.
- Sapa-AP