Man dagvaar uroloog wat sy penis afsny
2011-08-23 19:56
Shelbyville, Kentucky – ‘n Vragmotorbestuurder
dagvaar sy dokter ná sy penis sonder sy toestemming afgesny is.
Die dokter voer aan hy het nie ‘n keuse gehad
nie.
Volgens Phillip Seaton (64) sou dr. John
Patterson bloot die voorvel van sy penis afsny ná hy die dokter in 2007 gaan
sien het weens ‘n ontsteking op sy geslagsdele.
“Wat ek gesien het, was nie ‘n penis nie.
“Wat ek gesien het, was kanker,” het Patterson,
‘n uroloog, tydens die hofsaak in Shelbyville gesê.
Hy het ook in sy verdediging gesê dat hy nie
meer as ‘n sentimeter afgesny het nie en dat die res van Seaton se penis deur ‘n
tweede dokter afgesny is.
Deborah Seaton, die klaer se vrou, dagvaar ook
die dokter vir “die verlies van diens, liefde en liefkosing”.
Alhoewel sy in die wagkamer was terwyl die man op die operasietafel gelê het, het Patterson haar nie geraadpleeg voor
hy ‘n stuk van Seaton se penis afgesny het nie.
“Sy was nooit saam met hom by enige van sy
doktersbesoeke nie en sy het nie gelyk soos iemand wat ek moes vra wat hy sal
wil hê nie,” het die dokter gesê.
Debroah sê nou sy sou beslis die dokter gekeer
het voor hy die sentimeter of wat van haar man se penis afgesny het.
Die saak, wat deur ‘n jurie beslis sal word,
duur voort.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP