Man byna maand na aardbewing lewend gevind
2010-02-09 11:06
Port-Au-Prince – ‘n Man wat lewendig in die puin van ‘n gebou in Haïti gevind is, kon dalk sedert 12 Januarie vasgekeer gewees het, nadat ‘n dodelike aardbewing dié stad getref het.
Die 28-jarige Evan Muncie is in die bouval van ‘n mark gevind, waar hy gewoonlik rys verkoop, het sy familie aan personeel by die University of Miami field-hospitaal gesê.
Die ontdekking kom amper ‘n maand nadat ‘n aardbewing wat 7.0 op die Richterskaal gemeet het, verwoesting in die gebied gesaai het. Meer as 200 000 mense het hul lewens in die aardbewing verloor.
Vir die volledige storie, besoek CNN