Man bel polisie toe skelmpie opdaag
2011-10-27 21:13
Colorado Springs – ‘n Man wat nie verwag het sy meisie gaan by die huis wees wanneer sy
skelmpie kom kuier nie, het die polisie gebel en gesê die vrou is ‘n inbreker.
Kevin Gaylor (24) is daarvan skuldig bevind
dat hy ‘n vals klag by die polisie aanhangig gemaak het.
Volgens die polisie het Gaylor die skelmpie,
wat hy aanlyn ontmoet het, uitgenooi om 03:00 na sy huis te kom.
Dinge het egter skeefgeloop toe sy meisie
onverwags kom kuier vóór dié vreemde vrou sou aanklop.
Die skelmpie se opwagting het hom laat
kleitrap en hy besluit toe om die polisie te bel en haar as ‘n inbreker aan te
gee.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP