Malema se tugverhoor trek aandag in Europa

2011-09-01 08:03
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Julius Malema se tugverhoor deur die ANC en die geweldpleging daaromheen het groot aandag in die Europese media getrek. Die BBC en die Duitse nuusuitsendings het nuusitems daaroor gehad, en die meeste koerante dra prominente berigte.

Die berigte wissel van streng feitelik tot kwaai negatief vir sowel Malema as die ANC.

The Independent (Londen) gaan die verste. In ’n skerp hoofartikel skryf die koerant:

Julius Malema is alles wat ’n Afrikaleier nié moet wees nie.

“Die hoof van die ANC se jeugvleuel is charismaties en gewild maar – met sy vloermoere, uitspattige lewenstyl, rassistiese retoriek, onverdraagsaamheid teenoor afwykende denke, suiwering van vyande, elektorale manipulasie en ekonomies ruïnerende beleid – hy is ’n terugkeer na die vasteland se mees rampspoedige tradisies.”

In The Guardian (Londen) skryf Peter Walker as pres. Jacob Zuma Malema nie behoorlik vasvat nie, kan dit die president lelik skade aandoen. En Alan Cowell skryf in die New York Times eweneens as Malema vrygespreek word, kan dit die einde van Zuma se politieke loopbaan beteken.

Die BBC het die politieke kommentator Aubrey Matshiqi só op sy webwerf aangehaal: “Dis ’n geveg tot die bitter einde. Dié geveg sal nie deur punte beslis word nie. Dit sal ’n uitklophou wees.”

Vastelandse Europese koerante het in soortgelyke trant berig. In die linkse Duitse koerant Tageszeitung (Berlyn) wys Martina Schikowski daarop dat Malema groot aanhang onder jong swartes het, maar dat sy eise om die nasionalisering van die myne en landbougrond en sy rassistiese uitlatings oor wittes vir baie in die ANC te ver gaan.

Die Welt (Berlyn) meen die ANC vertoon “ondoeltreffend, verdeeld en met ’n swak leiding”. Die koerant verwys selfs na ’n “leierskrisis”.

Klaus Huhold skryf in die Wiener Zeitung (Wenen) dat Malema die onmiskenbare ontevredenheid van die jeug “in gevaarlike bane lei en dikwels die fragiele eenheid in die land in gevaar bring”.

Die Nederlandse NRC Handelsblad (Rotterdam) se Peter Vermaas berig dat daar argwaan is “dat Malema nie soseer namens die armes van Suid-Afrika praat nie, maar dat hy finansieel volgestop word deur jong swart ondernemers wie se belange gedien word deur sy pleidooi om nasionalisering”.

Ten slotte beskryf Kees Broere Malema se idees in De Volkskrant (Amsterdam) as “ekonomiese populisme en rassenasionalisme”.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Hoor hoor!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Facilities Manager Co-ordinator

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Analyst Programmer (Siebel) (EE)

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PPC Campaign Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 124,900.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 157,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.