Maleisië lê beslag op 15 ton ivoor
2011-12-14 15:31
Kuala Lumpur – Maleisiese doeanebeamptes het beslag gelê op 15 ton olifanttande en ivoorprodukte van Afrika af ter waarde van sowat 4 miljoen ringgit (sowat R10 miljoen), het beamptes Woensdag gesê.
Die goedere is Maandag in ‘n vraghouer in Klang-hawe gevind nadat hulle 'n wenk ontvang het, het ‘n beampte van die doeanedepartement gesê.
Azis Yacub, die doeanedirekteur, het gesê dit is die grootste beslaglegging van ivoorprodukte wat hulle nog gemaak het.
Hy het gesê dat sommige smokkelaars Maleisië as ‘n vervoerpunt gebruik vanwaar hulle produkte dan na lande soos Kambodja, Viëtnam en China vervoer.
“Die goedere is van Mombasa in Kenia afkomstig en onderweg na Sihanoukville in Kambodja toe ons daarop beslaggelê het,” het Azis gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA