Maleisië: Vrou hang vir 1kg dagga
2009-08-19 09:58
Kuala Lumpur – ‘n Thailandse vrou is die doodstraf opgelê ná sy met 1kg dagga in Maleisië gevang is.
Volgens ‘n nuusberig het die hooggeregshof in die noordoostelike staat Kelantan Woensdag bevel gegee dat Roseedah Cheubong, 41, gehang moet word vir daggahandel.
Cheubong het in trane uitgebars toe sy haar straf ontvang, het die Bernama staatsmedia agentskap berig.
Sy sal gehang word.
Cheubong, ‘n enkelmoeder, is in Februarie 2004 voor ‘n brandstofstasie gevang met ‘n kilogram dagga.
Maleisië se streng wette maak die doodstraf verpligtend vir handel in enige soort dwelmmiddel.
- Sapa-dpa