Maledive-museum deur vandale geplunder
2012-02-08 15:40
Male – ‘n Bende het die Maledive se nasionale museum geplunder en Boeddhistiese standbeelde vernietig, het die polisie Woensdag gesê.
Die voormalige president, Mohamed Nasheed, het die vandalistiese optrede op Islamitiese fundamentaliste blameer.
“’n Bende het die museum gister (Dinsdag) binnegegaan. Hulle het baie standbeelde vernietig. Dit was onder andere sommige standbeelde van Boeddha,” het polisiewoordvoerder Ahmed Shiyam gesê.
Nasheed het Woensdag in ‘n onderhoud met AFP gesê dat ‘n bende, insluitende Islamitiese fundamentaliste, die museum aangeval het omdat hulle beweer sommige van die standbeelde in die museum “afgodsbeelde” is.
Islam is die amptelike godsdiens van die Maledive en die uitoefening van enige ander godsdiens in die openbaar word verbied.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP