Mafia-lede in Switserland aangekla
2011-10-21 19:01
Bern – Dertien vermeende Italiaanse bendelede is deur Switserse aanklaers van dwelm- en wapensmokkelary sowel as geldwassery aangekla.
Staatsaanklaers in Bern sê die groep is deel
van die Ndrangheta Calabrian Mafia wat sedert 1994 in Switserland aktief is.
Die aanklaerskantoor het in ‘n verklaring gesê
dat dié groep selfregerend is, maar dat hulle wel verbind is aan die Ferrazzo
Mafia in Italië.
Volgens getuies het lede van die Ndrangheta
Calabrian meer as 14 kg kokaïne en 285 vuurwapens oor internasionale grense
gesmokkel.
Hulle word ook beskuldig van geldwassery van
meer as 15 miljoen Switserse frank (sowat R137 miljoen) wat hulle deur middel van finansiële maatskappye in Zürich
gedoen het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP